Uitdrukkings en gesegdes.

Moenie jou geite hier by my kom uithaal nie.

Daardie mens het darem maar baie geite.

Hierdie is uitdrukkings wat ek as kind meer dikwels gehoor het, meer as vandag nog.

Natuurlik het ek geweet wat bedoel word, maar waar die uitdrukking vandaan gekom het kon ek nooit verstaan nie.

Nou die dag gaan die gesprek so oor boerdery en meer spesifiek word daar gepraat van bokboerdery.

Toe meld iemand dat sy pa altyd sê as jy vir jou bokke koop, kan jy hulle maar op die buurman se plaas gaan loslaat, hulle sal self deurbreek na jou toe.

Bokke is blykbaar diere wat ‘n sterk wil van hulle eie het en kan heel dikwels erg vol streke wees.

Image

Vraag:  Wat is die Nederlands vir ‘n bok?

Antwoord:  Geit

Moontlike gevolgtrekking:  Is dit waar ons uitdrukking vandaan kom?

Ek gaan baie beslis die boek wat hierdie blogger aanbeveel vir my aanskaf.

Eenkant

Europese lente kersiebloeisels

Reflections

Image

 

Image

 

Image